Gambiereilande

Gambiereilande
Inheemse naam: Îles Gambier
’n Nasa-foto van die Gambiereilande.
’n Nasa-foto van die Gambiereilande.
Geografie

Ligging Stille Oseaan
Koördinate 23°08′S 134°56′W / 23.133°S 134.933°W / -23.133; -134.933
Argipel Frans-Polinesië
Totale eilande 14
Hoofeilande Mangareva, Akamaru, Aukena, Taravai

Hoogste punt Berg Duff, 441 m
Administrasie
Sien teks.
Oorsese gebied Frans-Polinesië

Demografie
Bevolking 1 641

Ligging van Gambiereilande op 'n kaart (Stille Oseaan)
Gambiereilande
Gambiereilande
Die ligging van die Gambiereilande in die Stille Oseaan.

Die Gambiereilande of Mangareva-eilande (Frans: Îles Gambier of Archipel des Gambier) is ’n klein, bewoonde groep eilande, oorblyfsels van ’n kaldera, in Frans-Polinesië in die Stille Oseaan. Hulle lê net suidoos van die Tuamotu-argipel.

Inwoners word as ’n aparte groep van Tuamotu beskou omdat hul kultuur en taal met dié van die Marquesaseilande ooreenstem, en ook omdat Tuamotu uit ’n reeks koraal-atolle bestaan, terwyl Gambier ’n vulkaniese oorsprong het.

Vanweë hul nabyheid word die Acteongroep asook die nabygeleë atolle Maria Est, Morane, Marutea Sud en Temoe, wat almal onbewoon is, soms by die Gambiereilande ingesluit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search